Search
27 July 2017 .: Environmental » Inheemse Tuinmaak :. Register  Login
Inheemse Tuinmaak Minimize

Inheemse Tuinmaak

This article was prepared for the Uitkamp Action Group Members by Michelle Steenkamp of the Durbanville Nature Reserve. She has been working there has a student horticulturist & has been very involved in the establishment of the nursery that will be used for the propagation of indigenous plants for replanting in the Uitkamp area.

Die Fynbostuin 

Dit is van die mees lonende tuine, aangesien die ryke verskeidenheid fynbosspesies dit moontlik maak om regdeur die jaar n kleurvolle vertoning te hê. Die hoofblooityd vir Proteasis in die winter, terwyl die Leucospermums in die somer blom. Die verskeidenheid van Kaapse flora is welbekend (sowat 8500 spesies), en n groot verskeidenheid fynbos en renosterveldplante is in die handel beskikbaar.

Die grond vir fynbosplante moet sanderig en suur wees, deklae is besonder effektief en beheer onkruid en gronderosie, voed die plante en voorkom oormatige waterverlies. Verrottende dennenaalde sal ook die grond suur maak. Fynbos is baie sensitief vir anorganiese en ryk organiese besmeting, dus moet n organiese deklaag beperk word. ʼn Grondprobleem wat algemeen in Wes-Kaap voorkom is dat die sanderige fynbosgrond in die somer uitdroog en olierig voorkom, wat die opname van water belemmer. Blaarmolm wat by grond gevoeg word of n deklaag, saam met vroeë herfsreën (of genoeg besproeing), behoort die grond meer deurdringbaar te maak en die probleem op te los. Met fynbos is dit belangrik om te onthou dat die grond nie versteur of bewerk moet word terwyl die plante aktief groei nie.

Grasperke moet in die fynbostuin tot die minimum beperk word om ʼn meer natuurlike voorkoms te skep.Strategies geplaasde steenrotse wat ʼn noue verbintenis met fynbos het, sal die algehele effek bevorder en natuurlik met die omgewing saamsmelt.Jy kan met hierdie rotse kronkelpaadjies deur jou tuin skep.

Die Strandveldtuin. 

In die streek is daar geen groot bome nie en bestaan die plantegroei uit lae struike een tot drie meter hoog, wat goed aangepas is by baie winderige toestande. ʼn Verskeidenheid Strandveldplante is by kwekerye beskikbaar. Die strandveldtuin is geskik vir dele van die Kaapse Vlakte en Skiereiland insluitende klein dorpies aan die Weskus.

Die meeste Strandveldplante sal baat by kompos en ʼn deklaag behoort in die herfs na die reën en weer in Augustus aangebring te word. Die meeste van die permanente struikagtige spesies kan, wanneer nodig, gesnoei word. Die Strandveldtuin behoort, ideaal gesproke, te bestaan uit groepe struike, klein bome en restio’s (grasse), met kleiner, kruidagtige, vetplant- en bolspesies tussenin.

Die Vetplant-Karootuin 

Die Vetplant-Karootuin bestaan uit n baie groot verskeidenheid kleurvolle vygies (Mesembryanthemacea-familie), baie kruidagtige en jaarplantspesies, asook plante met sterk argitektoniese eienskappe en kan die mooiste van alle soorte inheemse tuine wees. Vir die beste effek, moet eenjariges in massa-aanplantings geplant word. Die treffende kokerbome (Aloe dichotoma) vorm uitstekende focuspunte as hulle op strategiese plekke geplant word. Sukkulente boomspesies dra nie net mooi blomme nie maar die blomme lok ook suikerbekkies. Die meeste van die vetplante raak eers in herfs en winter aktief en het hul rusperiode in die winter.

Hierdie tuin behoort te bestaan uit lae bedekking van meerjarige kruidagtige en vetplante, Karoobolle en struike as die raamwerk, en verskeie aksentplante as focuspunte. ʼn Anorganiese deklaag van klippies kan baie effektief wees, veral as interssante vetplante hier en daar tussenin geplant word. Die kleur, groote en tekstuur van die klippies is belanrik, en die uitleg kan effektiewe patrone insluit. Rivierklippies kan gebruik word om n droë rivierbedding na te boots. Kies ʼn sonnige, oop deel van die tuin en een wat, as jy in n klam streek woon, verkieslik noord front. As daar nie genoeg bogrond is nie, kan die binneste gedeelte van die rotstuin met enige sandgrond, klip, ou bakstene of rotse gevul word. Die laag bogrond moet goed dreineer en verkieslik sanderige leemgrond wees.

Vestig ʼn waterbesparende tuin. 

Grond is die belangrikste element in jou tuin. As jy dit behoorlik bestuur, sal jy natuurlik beloon word deurdat jou plante beter sal groei en mooier sal vertoon.

Wanneer jy a lys plante oorweeg, moenie net spesies plant wat in jou klimaatkategorie val nie, maar ook spesies wat by die plaaslike grond aangepas is. Tekstuur, vrugbaarheid en die suurinhoud van die grond kan verbeter en verander word deur die byvoeging van grond, kompos, kalk, klei, ens.

Chemiese besmeting:- Hoewel chemiese besmeting vinnige groei tot gevolg het, veroorsaak dit ook verlengde groei en sagter selle. Dit maak die plante vatbaar vir siektes en meer water is nodig om die verlende groei te onderhou.

ʼn Paar waterbesparende plante
 
 
 

Arctotis hirsuta                                                            

“Gousblom”

Pelargonium capitatum                                               

“Ivy leaved geranium”

Pelargonium betulinum  

“Maagpynbossie”

Tarchonanthus camphoratus                                       

“Camphor Bush”

Brachylaena discolor                                                  

“Coastal Silver Oak”

Coleonema album                                                        

“White Confetti Bush”

Clivia miniata                                                               

“Bush Lily”

Erica versicolor                                                            

“Red and Green Heath”

Cotyledon orbiculata                                                   

“Pig’s ears”

Rumohra adiantiformis                                                 

“Seven-weeks Fern”

Phylica pubescens                                                         

“Featherhead”

Diospyros whyteana                                                      

“Bladdernut”

Agathosma ovata                                                           

“False buchu”

Anchusa capensis                                                         

“Cape forget me not”

Asparagus densiflorus         

“Cat’s tail asparagus”

Cineraria saxifraga                                                       

“Wild Cineraria”

Dymondia margaretae                                                  

“Silver Carpet”

Felicia aethiopica                                                         

“Bloumagriet”

Helichrysum cymosum                                                  

“Golden carpet”

Felicia aethiopica                                                         

“Bloumagriet”

Helichrysum cymosum                                                 

“Golden carpet”

Plectranthus ciliatus                                                     

“Plectranthus”    

Carissa macrocarpa                                                     

“Groot noem-noem”

Chrysanthemoides monilifera                                     

“Bietou”

Helichrysum petiolare                                                 

“Kooigoed”

Leucadendron sp.

 

Leucospermum sp.

 

Protea sp.

 

Salvia africana-lutea                                                  

“Bruinsalie”

Thunbergia alata                                                         

“Black-eyed Susan”

Crassula sp.

 

Lampranthus sp.

 

Encephalartos altensteinii

Eastern Cape cycad”

Strelitzia nicolai                                                          

“Natal wild banana”

Olea europaea subsp. africana                                   

“Wild olive”

Dovyalis caffra                                                            

“Kei apple”

Virgilia divaricata                                                       

“Keurboom”

Bulbine frutescens                                                       

“Snake Flower”

Dietes grandiflora                                                      

“Wild Iris”

Lachenalia splendida                                                  

“Viooltjie”

Nerine scrniensis

“Guernsey Lily”

Crocosmia paniculata                                                 

“Crocosmia”       
 
  

Ek beskou dit as ʼn vooreg om te noem dat ek ʼn afstammeling is van voorvaders wat die grond innig lief gehad het. Mense wat die grond ,veld en ruimte met alles daarop en daarbinne met dankbaarheid as n gawe beskou het:- wat mildelik hulself gegee het en mildelik terug ontvang het. Dis met n groot glimlag dat my moeder altyd sê “ Jou oupa was a boom”

As ek so om my kyk en die grootskaalse ontwikkelings en verskuiwings van die mensdom bekyk, sien ek (en ek kan nie glo so min ander mense sien dit nie) die astrenomiese inpak wat dit op die natuur meebring. In ʼn kwessie van 10-15 jaar, het dit, waarmee ek grootgeword het drasties afgeneem. Die natuur prag en erfinis vir ons kinders word so doelbewus ingekort en vernietig asof daar nie meer plek is vir skoonheid nie. Die “concrete jungle” het oorgeneem. Ek dank ons Hemelse Vader dat daar nog ʼn handjie vol mense oor is wie se harte warm klop vir ʼn blommetjie en tuine met liefde verbou.

Die groot vraag is:- “Staan ons op die natuur graf se rand ? en die tragiese antwoord is “Ja”.

As ons nie nou saamstaan en red wat te redde is nie, sal ons natuurrykdom voor ons oë verdwyn veruil vir rook en beton.

Dit is die mens self wat die bewaarders is van die natuur, het sy plant of dier, en as sulks sal die mens moet verantwoording doen. Einde laaste kom dit neer op lewe en op dood, want soos die natuur sterf so ook vernietig ons onsself. Sonder die eerste tree kan ʼn naeloop nie begin nie, en sonder die laaste tree kan ʼn naelloop nie gewen word nie.

Waar om inheemse plante te verkry:

Kirstenboch National Botanic Gardens Cape Town
Karoo National Botanic Gardens- Worcester
Herold Poter Gardens- Betty’s Bay

Meeste gewone kwekerye hou ook inheemse fynbos aan, en plante kan bestel word.
 

     
Copyright 2010 by GeckoTec   Terms Of Use  Privacy Statement